top of page

Rhino Guarding Weekend

MAAK ‘N VERSKIL…

…pas renosters op saam met die Bush Babes

Die Bush Babes Club het onlangs ook op die renoster “bandwagon” geklim om ‘n verskil te maak. In ware Bush Babes styl, was dit ‘n “hands-on” naweek van nagpatrollies saam met ‘n professionele anti-stroper-eenheid, renoster-bekruip en ‘n geleentheid om met R1s, AK47s en handwapens te skiet. Die volgende Renoster Waak Naweek is in September. Kom saam!

Teks: Leilani Basson

Fotografie: Linda Labuschagne en Leilani Basson

Die ligging van die privaat wildsplaas waar die renosters 24 uur ‘n dag deur ‘n professionale anti-stropers eenheid bewaak word, was ‘n geheim tot ‘n dag voor die dames se vertrek. Met nege viertrek-voertuie het negentien Bush Babes die Vrydagoggend in konfooi in die rigting van Thabazimbi vertrek vir ‘n onvergeetlike naweek, wat sonder twyfel ‘n hoogtepunt in almal se lewens was.

Ten spyte van die primitiewe, maar gerieflike geriewe, was die spangees van die oomblik dat die Babes gearriveer het tasbaar…sowel as die afwagting om die renosters te vind. En dit was toe nie so maklik soos almal gedink het nie. Lang staptogte (bedags en snags) het eers laat die Saterdagmiddag die drie wesie-renosters langs ‘n wildheining opgelewer. Sommige Babes het dit reggekry om te “leopard crawl” tot hulle minder as een meter van die skugter diere was. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring…Tydens die staptogte is baie veldkennis gedeel, ander wild bespeur en die dames het baie geleer van plante, spoorsny en ook wat diere se ontlasting oor hulle verklap. Tydens die nagwake is sterre gekyk en vir lang rukke doodstil in die lang gras gele om die idee te kry van hoe ver klank in die nag trek, asook hoe paraat die soldate moet wees op ‘n moontlike aanval. Gedurende een van hierdie ‘stiltetye’ het die dames selfs ‘n luiperd gehoor grom en prooi plattrek. Onvergeetlik!

Om saam met opgeleide soldate met groot kaliber wapens soos R1s en AK47s te skiet, was ‘n geleentheid soos min. Baie Babes het hulle vrese vir wapens oorkom, waar ander weer ontslae kon raak van opgekropte emosies weens misdaadsituasies waarvan hulle die slagoffers was.

In die aande is daar gekuier om die vuur en elke ete was ‘n feesmaal wat voorberei is deur die soldate. Die spyskaart was alles behalwe primitief: slaaie, pastas, kerrie, spek eiers, braaibroodjies en vrugte. Dit was wonderlik vir al die vroue om te kon ontspan sonder die verantwoordelikheid van kosmaak en om te sien na hulle gesinne. Vir een naweek was die renosters prioriteit.

KOM SAAM VAN 12 TOT 14 SEPTEMBER

Vir ‘n heerlike, vervullende naweek wat jou lewe sal verander, kom saam op die Bush Babes se volgende Renoster Waak Naweek van 12 tot 14 September

Edited Image 2014-7-9-7:49:55

. Vir meer inligting stuur ‘n epos na leisurebabe@bushbabes.co.za of kontak Leilani Basson by 082 779 0602.

WIE IS DIE BUSH BABES?

Die Bush Babes is ‘n avontuur, natuur en 4x4 klub vir dames van alle ouderdomme en agtergronde wat ‘n liefde vir die buitelewe, avontuur en diere deel. Hoewel hulle graag verafgelee plekke besoek wat wel ‘n viertrekvoertuig vereis, is dit nie ‘n vereiste om ‘n 4x4 te besit om by die klub aan te sluit nie. Mede-Babes maak gou ‘n plan om ‘n voertuig vol te kry vir ‘n uitstappie. Buiten renosters oppas, het die Bush Babes al saam met dolfyne geswem, by wolwe geslaap, op olifante gery en die wilde perde in Kaapsehoop gaan tel en dokumenteer. Ander avonture wat lede meegemaak het sluit in ‘n weskus duine-ervaring, Moolmanshoek perdenaweek, avontuursport-naweke, fotografie uitstappies, Special Forces bootcamps, “leopard collaring”, wildvang en vele eendaguitstappies. Daar is ook toere na Mozambiek, Botswana, Lesotho, Swaziland en die Karoo. Gaan kyk gerus op www.bushbabes.co.za of gaan beleef die aksie eerstehands by Bush-Babes-Adventure-and-Safari-Club op Facebook. Vir meer inligting of navrae, kontak Leilani Basson by leisurebabe@bushbabes.co.za or 082 779 0602.


bottom of page