top of page
Ongeewenaarde spangees en kameraderie 

 

Hi Leilani,

 

Baie dankie aan jou en die Bush Babes vir 'n stunning naweek! Dit was 'n besondere belewenis en voorreg om die naweek saam met julle te kon spandeer.

 

Reeds van my aankoms by Gerotek Vrydagoggend was ek bewus van die besondere kameraderie tussen die babes. Soos die naweek verloop het, het dit net duideliker na vore gekom. Dit was hierdie eienskap wat die naweek vir my in iets besonder verander het.

 

Ek self is al vir meer as 20 jaar betrokke by gemeenskapsuitreiking en -opheffing en al deur baie kort termyn uitreike gegaan. Saterdag se verloop van die dag was jou tipiese een dag uitreik: mense met harte wat omgee wat opdaag om hulle ondersteuning te demonstreer aan 'n besondere projek. Soos gewoonlik is daar te veel hande en te min vaardighede, maar meer as genoeg entoesiasme en omgee. En dan kry dit dikwels die voorkoms van 'n klomp leeuwelpies wat jag - choas maar groot PRET!

 

Maar wat die dag en die naweek uitsonderlik gemaak het was die samehorigheidsgevoel tussen die girls. Van die begin af was daar soos een span saam opgelaai en afgelaai; tent opgeslaan en afgeslaan. Niemand het terug gestaan nie, maar elkeen het sy gewig ingegooi. Sonder om 'n oog te knip het Celeste 'n klomp van ons  uitgered van op die vloer slaap deur haar haardroer te gee vir die opblaas van ons matrasse en deur sommer self 'n paar matras vol lug te jaag.

 

Leilani, jy en die bush babes is beslis 'n besondere span girls. Van ons ander ouens sukkel vir jare om so 'n spangees en kameraderie tussen ons medewerkers te kan ontwikkel. Julle is girls met groot harte en baie waagmoed. Dit was vir my 'n besondere voorreg om almal van julle te ontmoet. Definitief 'n naweek wat ek nog lank sal onthou.

 

Groete,

Micelle Coetsee

 

P.S. Ek dink nie die Wolf Sanctuary gaan ooit weer dieselfde wees nadat die babes die naweek daar deur is nie : )

 

Amazing! Amazing! Amazing!
 
When I signed up to be a member of the Leisure Wheels Bush Babes Club,I knew I was in for adventure,excitement and lots of fun. I got all of that and much more during the Isuzu Special Forces weekend. The preparation Grant McCleery and his Isuzu 4X4 Off Road team gave us to make us accustomed to the capabilities of the Isuzu KB's was crusial and much needed for our trip.
On our arrival at the farm near Thabazimbi,I was sceptical and did'nt know what to expect. Les, the manager and co-owner of the farm was our host for the weekend and he left no stone unturned to make us feel welcomed, well fed and accomodated in luxurious tents. After being welcomed and introduced to our "Camp Commander",Kalahari and his Special Forces Team, the weekend kicked off with a gamedrive and drinks at sunset in the picturisque Waterberg Mountains. Later that night each of us were issued with a blue overall. Little did we know that it was the beginning of our toughening up to extreme levels! Saturday morning started with Hard Core Combat.Target shooting,obstacle course and police style drilling in 42•C!
At times I felt like giving up but the snappy military style instructions given by Captain Kalahari,[kom,kom,kom!hierdie is nie 'n Sondagskool piekniek nie!]gave me no choice but to stay calm,sharp and strong for myself as well as for my "buddies". Jannie,Leilani,Grant,Marius,Karen,Francois,Van and Kalahari made this trip unforgettable.
A weekend worth the while and highly recommended! I endorse Explore Babe's quote: "There realy is no adventure in your comfort zone". '

 

- Scuba Babe (Elize van der Westhuizen)

 

Uiteindelik iets soos Bush Babes!

 

Ek wil net weer namens my en Amélia ‘n groot dankie vir jou sê vir die fantastiese naweek in Magoebaskloof. Ons het dit vreeslik geniet en waardeer dit so dat ons kon saamgaan.

 

Ek dink dit was ‘n fantastiese plan van jou om ‘n klomp vrouens, elkeen met ‘n maat, saam te nooi. Vrouens kan dikwels nie alleen iewers gaan nie, deels omdat dit nie noodwendig veilig is nie, deels omdat die samelewing soms frons as ons avontuurlustige vroue iets op ons eie doen en ons dit dus in die geheim moet doen, en natuurlik ook omdat ons tussen ander mense wil wees waar ons aanvaar word en sommer net onsself kon wees. Deur vrouens bymekaar te kry het jy ons almal veilig en beskut laat voel en kon ons steeds ‘n avontuur hê sonder om ons aan die vooropgestelde idees van ‘n samelewing wat nog maar steeds teen vrouens diskrimineer te steur. Ek was ook bly vir die alleenlopende vroue se onthalwe, want uit van ons gesprekke kon ek ook aflei dat hulle dikwels hunker om iets wilds en lekkers te doen, maar huiwerig voel om dit alleen aan te pak.

 

Dit was ook lekker om saam met ‘n vriendin te gaan. Dalk sou sommige vrouens nie genoeg moed hê om alleen saam met vreemdes te gaan nie; ,aar die feit dat vrouens twee twee kon kom het sommer dadelik die ys gebreek en dit was groot pret. Ek is seker dat talle vriendskappe so versterk is. Ek en Amélia het in elk geval ons terdeë geniet. Ons maak nou nog so stilletjies grappies dat ons tweetjies so alleen gaan wegsluip om nog ‘n 4x4 roete te doen!

Dit was ook baie “wow” dat ons nie net die geleentheid gekry het om te ry nie, maar ook geleer is hoe om dit behoorlik te doen. Daar was ‘n paar benoude oomblikke ja, maar juis dit kweek die mooi herhinneringe en versterk die bande. Dit was ook lekker om te weet dat die ander vrouens ook leer, soms gil, soms foute maak. Dit het ons gemaklik en aanvaar laat voel. Die instrukteurs was baie oulik en gaaf en het ons eintlik goed laat voel omdat ons as vrouens kom bestuur het.

En dan die ander vrouens. Ja, ons was nogal ‘n uiteenlopende groep, maar dit was baie lekker om ook die ander te leer ken. Almal wat daar was het ‘n avontuurlus in hulle, dit is “gutsy” vroue. Pelle wat waag. So baie vrouens is maar bang om dinge aan te pak en leef so in die skadu van die mans. Nie ons lot nie! Ek dink ons het iets van die kaalvoet vroue oor die Drakensberge in ons bloed, net ons ry nou 4x4 deur die wildernis. Ons het ook die dames se sin vir humor terdeë geniet. Op pad terug het ons dikwels geskater van die lag vir al die kwinkslae oor die radios – dit was groot pret.

 

Leilani, dankie dat jy dit op jou geneem het om die naweek te inisieer. Dankie vir jou vriendelikheid en entoesiasme. Jy is ‘n baie dierbare en ”cute” mensie. Dankie vir alles wat jy met ons gedeel het. Jou deursettingsvermoë en inisiatief om jou loopbaan te beplan en uit te werk is ‘n wonderlike stukkie getuienis.

 

Baie liefde.

Liza Wassenaar

 

 

Veilig by die huis na nog 'n onvergeetlike Bush Babes adventure. Battered en bruised en dood moeg. Maar elke oomblik die moeite werd. Ek is weereens heeltemal uit my "comfort zone" gegooi, teen 45km op 'n geel karretjie teen die berg af gekom, baie bier gedrink, die Sabierivier ge-"conquer", spoke gaan opsoek en "orbse" gevind. En op 'n beautiful Sondag oor Graskop se kloof geslide. Gelag tot ek nie meer kon nie, nuwe vriende gemaak en met ou vriende opgevang. En dit als in een naweek. Dankie Leilani Basson wat dit altyd moontlik maak en 'n baie spesiale dank aan Suellen Prinsloo wat nie net die hele naweek aanmekaar gesit het nie maar ons ook veilig daar en terug gebring het in die Bush bus onder extreme omstandighede. "I had a whole lifetime in one weekend".

 

Linda Labushagne

 

 

 

bottom of page